1.0 Slegs klokke van ‘n ontwerp wat van tyd tot tyd deur
Bestuurskomitee goedgekeur word, mag gebruik word.
2.0 Elke geaffilieerde klub se klokkomitee
3.0.1 Enige lid wat aan ‘n wedvlug wil
deelneem moet sy klok, in behoorlike werkende toestand, veertien dae voor die
aanvang van die eerste wedvlug van enige reeks, aan die klokkomitee van sy
geaffilieerde liggaam (hierna die “klokkomitee” genoem), oorhandig.
3.0.2 Die klok moet nagesien, opgewen, met ‘n
goedgekeurde amptelike seël verseël en aan die gang gesit word op dieselfde
manier soos vir ‘n wedvlug. Na verloop
van 2 dae, maar nie meer as 3 dae, moet die klok op dieselfde manier soos vir
‘n wedvlug, geslaan word (verwys artikels 8.0 en 10.0). Indien die klok dan, of op enige stadium
gedurende ‘n wedvlugreeks, nie aan die vereistes van die klokreëls voldoen nie,
sal sodanige klok deur die eienaar, of op sy onkoste, tot die bevrediging van
die klokkomitee herstel word. Voordag
sodanige klok weer gebruik word, sal die klokkomitee daarmee op dieselfde wyse
handel soos hierbo in hierdie artikel uiteengesit.
3.1 Nadat klokke goedgekeur is, mag geen klok uit die
bewaring van die klokkomitee verwyder word, tensy dit met die amptelike seël
van die geaffilieerde liggaam verseël is.
3.2 Enige klok wat na die klokkomitee teruggebring word, wat
nie behoorlik verseël is nie, sal gediskwalifiseer word en voordat sodanige
klok weer gebruik word, sal die klokkomitee daarmee handel soos in artikel
3.0.2 uiteengesit.
4.0 Geaffilieerde Klubs sal hulle seëltange en seëls, ten
einde misbruik daarvan te voorkom, te alle tye in veilige bewaring hou. Versuim om hierdie reel na te kom, stel ‘n
geaffilieerde liggaam bloot aan diskwalifikasies en/of skorsing.
5.0 Slegs die klokkomitee mag ‘n seël breek of ‘n nuwe seël
voorsien. Dit is egter die plig van die
eienaar van die klok om te verseker dat die klok verseël is wanneer dit
verwyder word en dat dit verseël bly totdat dit weer, vir welke redes ookal, by
die klokkomitee ingehandig moet word en daarna hanteer slegs die klokkomitee
die klok totdat die eienaar dit weer kry en daarvoor teken.
6.0 Alle klokke sal deur die klokkomitee gestel word. Indien ‘n lid sou verkies om sy eie klok te
stel, sal dit toelaatbaar wees mits dit onder die direkte toesig van die
Klokkomitee geskied.
7.0 As ‘n klok gestel word, moet die klokrol deur twee lede
van die klokkomitee onderteken word met vermelding van die wedvlugpunt, die lid
se naam, die nommer van die klok en die datum waarop die klok aan die gang
gesit word. Die handtekening(e) van die
lede moet sigbaar wees na die klok geseël is.
8.0 Klokke moet op die sesde sein van die SAUK radio tydsein
in- en uitgeslaan word. Klokke mag ook
op die kwartuur met die onafgebroke wêreld tydsein in- en uitgeslaan word
indien dit deur die klokkomitee gemagtig is.
Hierdie tye sal in die klokboek aangeteken word. TV sowel as telefoon tydsein is ook
aanvaarbaar.
8.1 Nadat klokke ingeslaan is ingevolge artikel 8.0 moet ‘n
kontroleslag na een minuut en weer nie later as 5 minute uitgevoer word. Die kontroleslag mag nie met meer as 2
sekondes van die tyd waarop die instruksie vir die uitvoering van die kontroleslag
gegee was, verskil nie. Die tyd vir die
kontroleslag binne die toelaatbare twee minute, mag nie vooraf bepaal word nie
en moet van tyd tot tyd wissel. Dit moet
byvoorbeeld nie altyd presies op die minuut na een of twee minute gegee word
nie. As die verskil 2 sekondes oorskry
moet die klok weer gestel word en ingeslaan word op ‘n daaropvolgende tydsein
ingevolge artikel 8.0. Verwys ook na
artikel 13.1 in verband met wie teenwoordig moet wees.
8.2 Na die kontroleslag moet die nommer van die kassie waarin
die eerste rubberring gesit sal word in die klokboek aangeteken word. Die klok moet op gaatjie twee wees. Indien die aangetekende kassie, by oopmaak
van die klok, leeg is of indien ‘n verkeerde ring daarin gesit is, moet die tyd
wat op die klokrol met die betrokke kassie ooreenstem, gekanselleer word. Elke klok moet die voorgeskrewe twee slae
soos uiteengesit is in artikels 8.0 en 8.1 vertoon.
8.3 Dit is die verantwoordelikheid van die eienaar en/of
gebruiker van ‘n klok om seker te maak dat die bepalings van artikels 3.1 en
7.0 tot 8.2 nagekom is voordat die klok uit die besit van die klokkomitee
verwyder word, met dien verstande dat as dit noodgedwonge vir herstelwerk na ‘n
goedgekeurde juwelier gaan, word dit teruggeneem om deur die klokkomitee
aanvaar te word as dit deur die juwelier verseël is en hy ‘n sertifikaat tot
dien effekte verskaf.
9.0 Enige lid van ‘n klokkomitee en enige lid van die bestuurskomitee
van die geaffilieerde liggaam, of ‘n genomineerde plaasvervanger sal, gedurende
die tydperk waartydens ‘n klok vir een of ander wedvlug verseël is, geregtig
wees om te enige tyd sodanige klok te ondersoek en om ‘n tydslag uit te voer en
om, indien ‘n defek gevind word, op enige wyse wat behoorlik geag word te
handel.
10.0 Op die uitklokdag, voordat die klokke
oopgemaak word, moet alle klokke in die teenwoordigheid van ten minste vier
mededingende lede op die sesde sein van ‘n SAUK tydsein en indien gemagtig, op
die kwartuur van die onafgebroke wêreldtydsein geslaag word en ‘n kontroleslag
moet binne vyf minute uitgevoer word.
Ter nakoming van die bepalings van hierdie reël sal die “vol” op die STB
– en Bezingklokke beskou word as ‘n oop kassie en sal as sodanig aangeteken
word. TV sowel as telefoon tydsein is
aanvaarbaar.
10.1 Slegs nadat die voorvermelde slae
uitgevoer is, mag die klokkomitee die seëls breek en die klokke oopmaak. Klokke waarmee duiwe geklok is, moet op
dieselfde dag waarop en waarna duiwe geklok word saam met ‘n SAUK of
onafgebroke wêreldtydsein gevolg deur ‘n kontroleslag soos beskryf in artikel
10.0 geslaan word.
10.2 Geen toegewing moet gemaak word indien
‘n klok meer as 2 sekondes per uur wen nie.
Die tyd sal bepaal word soos geregistreer.
Indien ‘n klok meer as 2 sekondes per uur verloor,
moet twee maal die verlore tyd bygetel word as die wedvlugspoed bereken word.
10.3 Die rol van ‘n klok wat gaan staan het
nadat geklok is maar voordat uitgeslaan is, of van enige klok wat oopgemaak is
voordat dit uitgeslaan is in ooreenstemming met artikel 8.0 tot 8.2 of wat
deurgeskeur het op enige plek tussen die ponsopeninge- en ponssluitingsmerke,
voordat die klok deur die klokkomitee oopgemaak is, of wat enige ponsmerke
tussen ponsopeninge- en ponsluitingsmerke het, moet nie aanvaar word nie en
word gediskwalifiseer.
10.4 Indien dit sou blyk dat daar enigsins
met ‘n klokseël gepeuter is nadat dit ingeslaan, maar voordat dit uitgeslaan
is, sal die klok gediskwalifiseer en nie gelees word nie.
11.0 Lede moet die rubberring in die soort
doppie wat deur die vervaardigers van die betrokke klok verskaf word, of deur
Klubkomitee aanvaar word insteek en daarmee klok. Oop doppies mag wel gebruik word met die
ooppunt na onder. Hierdie bepalings is
nie van toepassing op die soort klokke wat vervaardig is vir die gebruik sonder
doppies nie en wat vooraf deur die Unieraad goedgekeur is vir sodanige
gebruik. Indien doppies nie beskikbaar
is nie, sal dit toelaatbaar wees om foelie te gebruik. Die lid moet sorg dat die rubberring
heeltemal omhul is van die foelie.
12.0 Indien ‘n lid se klok gedurende ‘n
wedvlug gaan staan of defektief raak voor die aankoms van die eerste duif moet
hy die klok verseëld aan ‘n lid van die klokkomitee oorhandig.
Laasgenoemde persoon en 3 ander lede sal die mag hê
om die klok weer te stel en aan die gang te sit op ‘n radiotydsein. In ooreenstemming met die bepalings van
artikel 8.0 tot 8.2 of sodanige lid mag by die naaste mededinger inklok, of mag
‘n klub spaarklok gebruik. Indien daar
nie ‘n tydsein is nie, mag ‘n meesterklok gebruik word vir inlui of uitlui mits
so ‘n klok van die tipe is waar die tyd gelees
13.0 Klokke sal na elke wedvlug volgens die
oordeel van ‘n geaffilieerde liggaam op die naas moontlike radio tydsein
uitgeklok word.
13.1 Minstens vier mededingende lede moet
teenwoordig wees as enige klok in- of uitgeslaan word. ‘n Lid is geregtig om teenwoordig te wees as
sy klok oopgemaak word. Dit is egter die
verantwoordelikheid van die lid om seker te maak dat hyself of sy genomineerde
teenwoordig is. Indien ‘n lid nie van
hierdie voorreg gebruik maak nie, sal aanvaar word dat dit met sy goedkeuring
geskeid.
13.2 Klokrolle moet altyd tot die naaste 1
sekonde nadeel van die lid en deur ten minste twee van die klokkomitee gelees
word.
13.3 Rubberringe moet behoorlik in die
kassie of doppie daarvoor bedoel geplaas word.
As die klokkomiteelid die rubberring verwyder, moet hy homself tevrede
stel dat die ring geheel en al binne-in die regte kassie of doppie is.
13.4 Die reeks- en kontrolenommer op die
rubberring moet met die op-die-papierstrokie en met die op-die-wedvluginskrywingsvorm
aangeteken, vergelyk word. Indien die
nommer wat op die wedvluginskrywingsvorm aangeteken is van die op-die-rubberrek
verskil, sal sodanige duif gediskwalifiseer word. Indien die buitenommer op die rubberrek
onleesbaar is, moet die nommer op die binnekant van die rubberring met die
nommer op die binnekant van die papierstrokie vergelyk word. As hierdie nommers ooreenstem moet dit so
aangeteken word en sal sodanige duif sy posisie toegeken word. Die buitenommers sal egter die eerste
kontrole wees maar sou dié nommer onleesbaar wees as gevolg van smering, swak
drukwerk of onderstebo gelees, sal die Wedvlugsekretaris die ringnommer nagaan
vir ooreenstemming.
14.0 Alle rubberringe met hul
ooreenstemmende papierstrokies, klokrolle en uitslae van duiwe wat in die klub
uitslae verskyn, moet per aangetekende pos, gepos word aan, of per hand
afgelewer word by, die Uniewedvlugsekretaris, nie later as die negende dag
nadat die wedvlug plaasgevind het nie.
Sou die Bestuurskomitee dit verlang, moet sommige of almal van die
voormelde dokumente ter tafel gelê word.
Hierdie dokumente moet in veilige bewaring deur die
Uniewedvlugsekretaris gehou word vir ten minste twee maande, waarna dit
vernietig mag word.
15.0 Mededingers mag twee of meer
rubberringe in ‘n doppie of kassie plaas.
Waar meer as een wedvlug op dieselfde dag plaasvind, mag meer as een
rubberring van een of albei wedvlugte in dieselfde kassie geplaas word.
16.0 Alle klokke moet so na aan korrek loop
as moontlik. Die Klub Klokkomitee sal
die reg hê om ‘n klok te stel indien ‘n klok te vinnig/stadig loop ter enige
tyd en gedurende ‘n wedvlugseisoen.
Klokke wat sodanig gestel word, moet opgeteken word in ‘n klokregister.
17.0 Indien die tyd op ‘n klokrol vir enige
rede onleesbaar is sal sodanige duif die tyd van die volgende duif minus een
sekond gegee word.
18.0 Indien enige deel van die hele
rubberrek buite die kompartement gevind word, sal die ooreenstemmende tyd
gediskwalifiseer word.
19.0 Geen klub sal enige besluit neem wat
teenstrydig is met die bepalings van die Unie-konstitusie nie. Vir klaring van enige reël sal die
interpretasie van die Unieraad finaal en bindend wees op sy lede.
20.0 Onder geen omstandighede sal ‘n klok
oopgemaak word tensy daar ‘n inlui- en uit-luislag geneem is nie. Indien ‘n lid sy klok vol klok en sodanige in-
en uit-luislae nie geneem
1.0 Wedvlugprogramme sal deur die Bestuurskomitee opgestel
word nadat die roete deur die lede vasgestel is op die Jaarlikse Algemene
Vergadering.
1.1 Wedvlugroetes sal deur die lede op die Jaarlikse Algemene
Vergadering vasgestel word.
1.2 Die wedvlugprogram vir elke reeks tesame met volle
besonderhede betreffende loslatingsplekke, vervoergelde, inskrywingsfooie,
in-mandjiesdatums, inskrywings-beperkings sal aan elke lid, ten minste 14 dae
voor die eerste wedvlug beskikbaar gestel word.
1.3 ‘n Wedvlug van 1000km sal gevlieg word as dit prakties
moontlik is, die wedvlug moet in dieselfde rigting wees wat daardie seisoen
gevlieg word.
2.0 Die inskrywingsfooie betaalbaar, die aantal plekke wat
kwalifiseer vir prysgeld en die toekenning daarvan sal deur die Bestuurskomitee
vasgestel en saam met die wedvlugprogram vir die betrokke jaar gepubliseer
word. Ingeval minder as die nodige
aantal duiwe binne die vasgestelde wedvlugtyd terugkeer, sal al die prysgeld op
die normale verdelingsbasis van prysgeld aan die duiwe wat plekke behaal het,
toegeken word.
2.1 Elke geaffilieerde liggaam sal vir die invordering van alle
betaalbare gelde en die oorbetaling daarvan aan die Unietesourier
verantwoordelik gehou word. Sodanige
gelde sal nie later as die tweede werksdag wat volg op die sluitingsdag van die
wedvlug, aan Unietesourier, betaal word nie.
2.2 Elke wedvlug sal volgens die stelsel van spoedberekening
oor ‘n reguit distansie en die tyd wat tussen die loslatingstyd en die
inkloktyd verloop het, minus die nagure bereken word. Die wenduif sal die hoogste aantal meters per
sekonde afgelê het met die daaropvolgende plekke in volgorde volgens die
hoogste aantal meters per sekonde afgelê.
2.3 Potgeld en ander prysgeld wat nie by die beëindiging van
‘n wedvlugreeks gewen is nie, sal in die Assosiasiefondse gestort word.
1. (a) Met inagneming van klousules 11(2), (5), (6) en (7) mag geen duif
aan enige wedvlug deelneem tensy dit ‘n goedgekeurde, ongeskonde metaalring aan
het nie.
(b) Geen duif mag aan ‘n Derbywedvlug deelneem tensy dit ‘n
goedgekeurde metal Derbyring aan het nie en moet die bepalings van klousule 11
ten opsigte van die Jongduif Derby nagekom word.
2. Onderskeidende letters wat op die metaalring verskyn
moet op die inskrywingsvorm ingeskryf word plus die jaartal, nommer en geslag
van die duif. Geen nommer, syfer of
letter mag bygevoeg word of uitgelaat word nie.
3. Nie-nakoming van die reël sal lei tot diskwalifikasie
van die duif en enige posisies wat die duif mag behaal het.
4. Deelnemende duiwe mag slegs een goedgekeurde metaalring
aanhê en geen ander vorm van identifikasie nie.
4.0 Inkorwing en ring van duiwe mag nie begin tensy ten minste
vyf lede wat aan die betrokke wedvlugreeks deelneem, teenwoordig is nie.
4.1 Alle duiwe wat aan wedvlugte deelneem moet gering word
met rubberringe/goedgekeurde elektroniese ringe.
4.2 Voordat ‘n lid se duiwe vir inkorwing gering word, moet
die benodigde aantal rubberringe met papierstrokies vir die betrokke duiwe op
so ‘n wyse gehou word sodat die lid nie toegang daartoe het nie.
4.3 Die kenstrokienommer van die wedvlugrubberring moet in die
toepaslike gedeelte op die inskrywingsvorm ingevul word.
4.4 ‘n Lid mag nie die nommer van sy eie duiwe vir die
opskrywer gedurende inkorwing uitroep nie, maar mag wel sy eie duif hanteer
wanneer ‘n onafhanklike lid die metaalring nommer moet uitlees en die aangewese
lid moet seker maak dat reël 4.5 nagekom is.
4.5 Nadat duiwe met wedvlugringe gering is en voordat hulle in
die wedvlugmandjie geplaas word, moet ‘n aangewese lid seker maak dat elke duif
‘n behoorlike om-die-been-passende wedvlugring aanhet.
4.6 Onmiddellik na inkorwing voltooi is, moet al die
oorspronklike wedvluginskrywingsvorms van elke geaffilieerde liggaam in ‘n
koevert aan die Unie Tesourier geadresseer, versend of afgelewer word voordat
daar enige duif van die wedvlugpunt arriveer.
4.7 Die ooreenstemmende papierstrokies van die wedvlugringe
wat uitgereik is vir die ring van ‘n lid se duiwe en die duplikaat
inskrywingsvorm moet in ‘n aparte koevert verseël word en in veilige bewaring
deur die geaffilieerde liggaam gehou word, totdat die klok van die lid gelees
word. Die wyse van veilige bewaring sal
deur die Bestuurskomitee goedgekeur word.
4.8 Alle mandjies moet voorsien word van ‘n loopgang voordat
enige inkorwing van duiwe plaasvind. Die
loopgang moet van so ‘n aard wees dat die duif se goedgekeurde metaalring sowel
as die wedvlugrubberring/goedgekeurde elektroniese ring duidelik sigbaar is.
5.0 Voordat duiwe vir ‘n wedvlug ingekorf word moet die groot
loslatingsdeur van die wedvlugmandjie op twee plekke met goedgekeurde amptelike
seëls verseël word. Nadat al die duiwe
gemandjie is en voordat die mandjies van die inmandjie plek verwyder word, moet
die ingangsdeur van die wedvlugmandjies ook so verseël word. Waar daar vir meer as een wedvlug ingekorf
word, moet elke wedvlug afsonderlik afgehandel en mandjies verseël word voordat
inkorwing vir die volgende wedvlug mag plaasvind.
5.1 Vanaf die begin van inkorwing totdat die mandjies in die
voertuig wat die duiwe vervoer, gelaai is, moet die mandjies voortdurend onder
die toesig van ten minste twee mededingende lede bly.
6.0 ‘n Geaffilieerde liggaam sal nie toegelaat word om ‘n
wedvlug sonder die voorafverkreë toestemming van die Bestuurskomitee te
organiseer nie.
6.1 Die maksimum en minimum getal duiwe wat deur ‘n lid per
wedvlug ingeskryf mag word, sal van tyd tot tyd deur die Bestuurskomitee
vasgestel word.
6.2 Geaffilieerde liggame sal toegelaat word om afsonderlik te
mandjie, maar indien nodig waar die Bestuurskomitee so besluit, moet alle
mededingende geaffilieerde liggame by sodanige plek en datum inmandjie soos
deur die Bestuurskomitee bepaal of ooreengekom.
6.3 Is verpligtend vir elke geaffilieerde liggaam, en
onderhewig aan die wedvlug en klokreëls van die Unie aan wedvlugte mee te ding en
nie sy eie of dié van ‘n ander vereniging nie.
Besluite van die Unie rakende enige aangeleentheid sal daarom ook van
toepassing en bindend op elke geaffilieerde liggaam wees.
6.4 Die Bestuurskomitee behou die reg om die volgende reël ter
enige tyd toe te pas en afsonderlike klubs
Vir alle wedvlugte bepaal deur die Bestuurskomitee
moet die wen duiwe van elke geaffilieerde klub so gou moontlik deur twee
genomineerde mededingende lede, ondersoek word om die ringbesonderhede en die
kleur van die duiwe aan hulle getoon aan die geaffilieerde klub gerapporteer
word. Die name van die twee
genomineerdes moet op die wedvluguitslae van die geaffilieerde liggaam
verskyn. Die duif sal op ‘n distansie
van plus/minus tien meter van sy hok opgegooi word. Indien ‘n duif vir welke rede ookal nie binne
een uur nadat hy opgegooi is na sy hok terugkeer nie, sal die Unie
Wedvlugsekretaris onmiddellik in kennis gestel word.
Die Unie Wedvlugsekretaris sal besluit watter prosedure
hierna gevolg sal word.
Die Bestuurskomitee behou die reg voor om enige ander
duif te kontroleer, hetsy hy ‘n posisie behaal het al dan nie.
6.5 Sou ‘n duif doodgaan voordat hy gekontroleer is, mag hy
vir ‘n lykskouing gestuur word om die oorsaak te bepaal, in welke geval die
Bestuurskomitee ‘n besluit sal neem om sy posisie toe te ken of nie.
6.6 ‘n Wedvlug sal slegs na ‘n besluit van die Bestuurskomitee
gekanselleer word. Vervoer- en
begeleiersgeld sal egter onder geen omstandighede terugbetaal word nie.
6.7 Wedvluguitslae in volgorde van plekke behaal, wat die naam
van die lid, die ringnommer en spoed van die duif aantoon, sal aan elke
mededingende lid, so gou moontlik na die wedvlug, beskikbaar gestel word.
6.8 Klassieke wedvlug sal van tyd tot tyd deur die
Bestuurskomitee bepaal word.
6.9 Elke lid wat ‘n Assosiasieposisie binne die eerste vyftig
plekke volgens die amptelike uitslae behaal, mag ‘n sertifikaat tot hierdie
strekking ontvang indien die Bestuurskomitee so besluit.
6.10 Puntestelsels mag van tyd tot tyd
verander, aangepas of gewysig word.
6.11 Die Derbywedvlug vir jaaroudduiwe sal
oor ‘n afstand van ongeveer 650km plaasvind.
6.12 Unieprysgelde, soos die Bestuurslede
mag bepaal, sal binne 2 weke na ‘n wedvluguitslag gepubliseer is, uitbetaal
word.
6.13 Die Uniekampioen sal bepaal word deur
die lid met die meeste punte in die kompetisie, in beide die jaaroud en ope
reekse.
7.0 Geen duiwe tuis op
wedvlugdag:
Indien geen duiwe op die dag van loslating terugkom
nie, sal die nagure die tydperk wees vanaf 30 minute na sononder en 15 minute
voor sonop.
7.1 (a) Indien die
eerste duif binne 60 minute na sononder op die dag van die wedvlug
geklok word, sal die nagure 5 minute nadat
sodanige duif gedurende bogemelde 60
minute tydperk geklok is begin, met dien verstande
dat die nagure in geen geval
voor 30 minute na sononder sal begin nie.
(b) Indien
duiwe later as 60 minute na sononder geklok word sal hulle kloktyd wees
die tyd waarop die wedvlug die volgende dag
open d.w.s. 15 minute voor sonop.
7.2 Duiwe Tuis op
Wedvlugdag:
Die wedvlug sal 30 minute na sononder sluit en 15
minute voor sonop die volgende dag open.
7.3 Wedvlugte sal sluit indien die spoed minder as 450 meter
per minuut is.
7.4 Indien slegs 1 duif gedurende sodanige wedvlug ingeklok
word, sal die betrokke duif ál die prysgeld wen.
7.5 Indien geen duiwe geklok word binne wedvlugtyd, sal die
wedvlug gesluit verklaar word en alle gelde sal in Uniefondse gestort word en
geen terugbetalings sal gedoen word nie.
8.1 Totdat die afstande voorsien is, sal lede wat aansoek
gedoen het, toegelaat word om mee te ding in ooreenstemming met die afstande
van ‘n hok waarvan die afstande alreeds bekend is en wat die minste tot sy
nadeel is, of afstande wat deur die Bestuurskomitee goedgekeur is.
8.2 Hokopmetings sal op die voorgeskrewe vorm en soos deur die
Bestuurskomitee bepaal, uitgevoer word.
8.3 Indien ‘n lid se hok meer as 15 meter verskuif het, dan
moet hy opnuut vir die bepaling van afstande aansoek doen.
9.0 Indien dit blyk dat ‘n lid/lede enige van hierdie reëls
oortree het, mag daar teen sodanige lid opgetree word.
10.0 Die volgende klokreëls word gewoonlik
gesamentlik en bykomend tot klokreëls 1 tot 38 van die WRRPA gelees en
toegepas.
10.1 Die gebruik van elektroniese
kloksisteme soos van tyd tot tyd deur die WRRPA goedgekeur, mag gebruik word in
die plek van die tradisionele rubberring en meganiese of kwarts kloksisteme in
gebruik.
10.2 Die reg om dié goedkeuring terug te
trek van enige goedgekeurde sisteem, sonder benadeling van enige regte van die
WRRPA, word voorbehou.
10.3 ‘n Klub mag enige goedgekeurde
elektroniese kloksisteem gebruik.
Individuele klublede moet verseker dat die sisteem hardeware en
sagteware beskikbaar is en
Die WRRPA of klub sal nie verantwoordelik wees om die
korrekte sisteem beskikbaar te stel nie.
Die betrokke klub sal verantwoordelik wees vir die korrekte beveiligde
gebruik van die sisteem binne die klub.
10.4 ‘n Geaffilieerde klub mag nie die
gebruik van enige goedgekeurde sisteem weier nie, mits al die korrekte harde-
en sagteware beskikbaar gestel is nie.
So ‘n goedkeuring van ‘n sisteem moet eers deur geskrewe vertoë na die
WRRPA van die lys van goedgekeurde sisteme verwyder word, voordat die gebruik
geweier mag word.
10.5 Die WRRPA of enige geaffilieerde klub
mag nie die gebruik van ‘n elektroniese kloksisteem verpligtend maak nie.
10.6 Gebruikers van die elektroniese
kloksisteem moet gebruik maak
van:
(a) ‘n Unieke
registreerring wat die fasiliteit besit om minstens twee identifikasie
kensyfers of letter te laat herprogrameer
tydens inkorwing van ‘n duif; en
(b) Die
elektroniese ringe gebruik mag slegs dié wees wat deur die SAPU goedgekeur
is en deur die oorspronklike kloksisteem
verskaffer beskikbaar gestel is; en
(c) Elektroniese
ringe mag nie vir wedvlugte van die tipe wee swat slegs gelees
word nie
10.7 Sisteem sensors mag slegs geïnstalleer
word volgens die reëls hierna neergelê en volgens die voorskrifte en
beskrywende sketse binne die voorskrifte, by ‘n lid se eie hok.
10.7.1 Die sisteem sensor mag slegs op ‘n posisie
binne die raamwerk van die hok geplaas word waar die duif die oomblik van
tydregistrasie of “klok” onder die volle beheer van die eienaar, die hok binne
gegaan het. Dit beteken dat die sensor
slegs op die volgende punte geplaas mag word:
(i) Enige
plek binne die hok waarvan ‘n
“fly-in” of “in-vlieg” oop deur sisteem
(Sien Skets 1) of;
(ii) Binne die
toe loopgang van ‘n oop inspring of valgat (Sien Skets 2), of;
(iii) Onder
die onderste vloerplaat van ‘n “spoetnik-trap” (Sien Skets 3), of;
(iv) Vas aan
die binne gelykplaat van ‘n Amerika se vashou luik of “Stall Trap”
(Sien Skets 4), of;
(v) Enige
punt binne die duiwehok waar ‘n deur toegemaak
wedvlugduif dan ten volle onder die beheer
van die deelnemende/kompeterende
lid is (Sien Skets 5).
10.8 Alle elektroniese sisteme in gebruik
en die aantal sensor eenhede sal voor ‘n wedvlugseisoen of voor ‘n wedvlug aan
die wedvlugsekretaris van elke klub en dan ook aan die wedvlugsekretaris van
die WRRPA gerapporteer word, vir elke individuele kompeterende lid.
10.9 Geen sensors vir enige sisteem mag
buite die hok of op ‘n ander posisie van die hokperseel of enige ander perseel
geplaas word nie.
10.10 Sisteem kontrole modules of sleutels en
sagteware vir die gebruik saam met die sisteem sal deur die individuele
gebruikers aangekoop word.
10.11 Die wedvlugsekretaris of klokkomitee van
elke geaffilieerde klub, sal alle individuele sisteem kontrole, modules en
sisteem sleutels stel en programeer, voor en na wedvlugte. Hierdie klokke sal aan die klokkomitee
oorhandig word voor elke wedvlug kloksiklus, wat dan die klokke sal inslaan en
uitslaan asook alle wedvlugduiwe sal inskryf onder hulle beheer, soos in die
reëls beskryf. Hierdie prosedure onder
beheer van die klokkomitee, sal die verpligte neem van ‘n kontroleslag na inlui
en uitlui oorbodig maak.
10.12 Die aanbring van elektroniese
wedvlugringe aan duiwe moet deur die wedvlugsekretaris van elke geaffilieerde
klub gekontroleer word om te verseker dat die sluitingsmeganisme van elke
elektroniese wedvlugring (EWR) behoorlik gesluit is. Die aanbring van alle EWR ringe mag op
aandrang van die klubs by ‘n formele voor-seisoen geleentheid aangebring word.
10.13 Nadat die EWR ringe behoorlik aangebring
is, sal die Wedvlugsekretaris of Wedvlug komitee die deelnemer se ringnommers
inlees voor die wedvlugseisoen of wedvlug en ‘n toewysingsverslag
daarstel. Die toewysingsverslag moet
deur die wedvlugsekretaris onderteken word.
‘n Kopie van die verslag word behou deur die wedvlugsekretaris, terwyl
‘n tweede kopie vir die deelnemer gegee word vir die verifiëring van die
registrasie van die duif.
10.14 Die EWR ring van ‘n duif wat vir die
wedvlug ingeskryf word, moet deur ‘n lid van die Wedvlugkomitee in die wedvlug
registrasie sensor gehou word, andersins moet die duif slegs deur onafhanklike
deelnemers ingeskryf word.
Die data soos verskyn op die duif se normale
registrasiering moet uitgelees word deur ‘n lid van die Wedvlugkomitee terwyl
dit op die klok se databank gekontroleer word.
10.15 Nadat al die duiwe ingelees is deur die
Elektroniese inskrywing sisteem, sal ‘n drukstuk verkry word wat sal dien as
inskrywing tot die wedvlug. Die drukstuk
sal deur die wedvlugsekretaris onderteken word en ‘n kopie sal aan die
deelnemer oorhandig word. Indien vir
meer as een wedvlug, by dieselfde geleentheid, ingeskryf word, sal dit beteken
dat die drukstuk na inkorwing vir die laaste wedvlug, beskikbaar sal wees.
10.16 Indien enige van die data in die
elektroniese kloksisteem foutief, uitgevee of verknoei word tussen die
wedvluginskrywing en die aankoms van die duif by die deelnemer se hok, sal
slegs die inskrywings so verknoei, gediskwalifiseer word van die wedvlug uitslae. Die wedvlugsekretaris sal die sisteem
onderbreking verifieer.
10.17 Indien enige deelnemer opsetlik probeer
om die inligting van ‘n ander deelnemer te versknoei sal hy/sy gediskwalifiseer
word van die wedvlug.
10.18 Na afloop van die wedvlug sal die
wedvlugsekretaris ‘n drukstuk maak voordat data oorgedra word na ‘n rekenaar
vir verwerking. Die drukstuk sal dien as
kopie vir latere verwysing. Alle
inligting behoort gerugsteun te word op diskette indien latere herlaai van data
nodig word.
10.19 Indien enige elektroniese klok sisteem
monitor (na ‘n wedvlug inskrywing of wedvlug self) die volledige data toon maar
nie ‘n drukstuk