|
1. NAAM:
Die
naam van die Assosiasie is die: West Rand Racing Pigeon Association (WRRPA)
Verder in hierdie
Konstitusie sal na die WRRPA as die Assosiasie verwys word. 2. WOORDOMSKRYWING: 2.1 Geaffilieerde Klub ‘n
Geaffilieerde Klub beteken ‘n wedvlugduiweklub, soos omskryf onder lidmaatskap,
wat by die Assosiasie geaffilieer is. 2.2 Geaffilieerde Lede: Geaffilieerde
lede beteken daardie lede wat lid is van ‘n klub wat by die Assosiasie
geaffilieer is. 2.3 Junior Lede: Junior Lede
is studente/skoliere onder 18 jaar oud wat lid is van een van die geaffilieerde
klubs. 2.4 Kompeterende Lede: Kompeterende
Lede is Lede wat by een van die geaffilieerde klubs aktief aan wedvlugte
deelneem. 2.5 Bestuurskomitee: Die
Bestuurskomitee is die verkose verteenwoordigende en besluitnemende liggaam van
die Assosiasie. 2.6 Dagbestuur: Die
Dagbestuur word saamgestel uit lede van die Bestuurskomitee en die verkose
Voorsitter van die Assosiasie. 2.7 Ampsdraers: Die
Ampsdraers van die Assosiasie is die Voorsitter en die verkose
verteenwoordigers van die klubs wat op die Dagbestuur dien. 2.8 Algemene Jaarvergadering: Die Algemene
Jaarvergadering is ‘n vergadering van die Assosiasie wat jaarliks voor die
einde Februarie moet plaasvind en waarop alle geaffilieerde lede van die
Assosiasie sitting het. 2.9 Buitengewone Algemene Vergadering: ‘n
Buitengewone Algemene Vergadering is ‘n vergadering wat spesiaal skriftelik
aangevra word en waarop slegs die aangeleentheid waarvoor die vergadering belê
is, bespreek mag word. 2.10 Finansiële Jaar: Die
Finansiële Jaar van die Assosiasie strek van 01 Februarie tot 31 Januarie. 2.11 Werknemer: ‘n Werknemer
van die Assosiasie is ‘n persoon wat teen ‘n voorafbepaalde salaris of loon
deur die dagbestuur in diens geneem is. 2.12 Kworum: Op al die
vergaderings van die Assosiasie sal die stemgeregtigde lede wat teenwoordig is,
‘n kworum vorm. 3. DOELWIT Die
Assosiasie se doelwitte is die volgende: 3.1 3.2 3.3 3.4 Om besluite te
neem wat deur die bestuurskomitee as noodsaaklik beskou word in belang van die
Assosiasie en dit uit te voer of te laat uitvoer solank dit net nie met die
bepalings van die Konstitusie bots nie; en 3.5 4. GRENSE Die grense
van die Assosiasie sluit die munisipale gebiede van Fochville, Carletonville,
Westonaria, Randfontein, Krugersdorp, Rustenburg, Brits, Magaliesburg en
Hartebeespoort in. In uitsonderlike
gevalle sal aansoeke om lidmaatskap binne die landdrosdistrikte van bogenoemde
dorpe op meriete oorweeg word. 5. LIDMAATSKAP 5.1 Aansoek om
lidmaatskap van voornemende klubs moet skriftelik aan die Sekretaris van die
Assosiasie gerig word. Die Assosiasie
behou hom die reg voor om enige aansoek sonder ‘n opgaaf van redes te weier. Indien ‘n aansoek nie goedgekeur word nie,
5.2 Lidmaatskap sal
aan geen klub of persoon buite die Assosiasie se grense toegestaan word nie. 5.3 Ten einde vir
lidmaatskap te kwalifiseer moet ‘n klub binne die grense van die Assosiasie
geleë wees en uit ten minste ses kompeterende nie-verwante lede bestaan waarvan
minstens vyf lede teenwoordig moet wees en aktief moet deelneem wanneer duiwe
ingekorf of klokke gelees word. Junior
lede is nie by genoemde getalle ingesluit nie. 5.4 Junior lede
moet skriftelike toestemming van hulle ouers of voog verkry voordat ‘n
geaffilieerde klub hulle mag aanneem. In
die toestemmingsbrief moet die ouer/voog uitdruklik aanspreeklikheid vir die
junior lid se Finansiële verpligtinge aanvaar. 5.5 Indien ‘n
tweede klub binne ‘n dorp om lidmaatskap aansoek doen, moet dit met die
goedkeuring van die bestaande klub geskied. 5.6 ‘n Lid of klub
wat by die Assosiasie geaffilieer is, wat die Konstitusie of die reëls
uitgevaardig kragtens die Konstitusie, doelbewus verontagsaam, kan deur die
Bestuurskomitee gediskwalifiseer of geskors word en sal al die voorregte van
lidmaatskap van die Assosiasie verbeur. 5.7 Geen klub of
lid mag geskors of sy lidmaatskap opgesê word voordat so ‘n klub of lid nie die
geleentheid gegun is om sy kant van die saak te stel nie. 6. BESTUURSKOMITEE Die
Bestuurskomitee sal bestaan uit: ‘n Voorsitter
wat deur die Algemene Jaarvergadering verkies word; ‘n Vise-Voorsitter,
Sekretaris, Wedvlugsekretaris, Tesourier, Reklamebeampte, Vervoerbeampte,
Ringbeampte en een afgevaardigde (verkieslik die Voorsitter) van elke
geaffilieerde klub. 7. DAGBESTUUR Die
Dagbestuur bestaan uit: Die
Voorsitter, Vise-Voorsitter, Sekretaris, Wedvlugsekretaris, Ringbeampte, Tesourier,
Reklamebeampte en die Vervoerbeampte van die Assosiasie (indien laasgenoemde ‘n
verteenwoordiger van ‘n geaffilieerde klub is). 8. VERKIESING VAN AMPSDRAERS 8.1 Die Voorsitter
van die Assosiasie sal jaarliks, tydens die Algemene Jaarvergadering, deur die
teenwoordige Stemgeregtigde lede verkies word. 8.2 Die ander lede
van die Dagbestuur sal jaarliks deur die Bestuurskomitee op die maandelikse
vergadering gedurende Maart verkies word. 9. STEMREG Die
Dagbestuurslede en een afgevaardigde van elke klub sal stemreg op
Bestuurskomiteevergaderings hê. Indien
die Vervoerbeampte ‘n verteenwoordiger van ‘n klub is, sal hy stemreg hê. Indien buitestaanders in enige pos aangestel
word, is hy ‘n werknemer van die Assosiasie en sal hy geen stemreg op die
Bestuurskomiteevergadering of Dagbestuur hê nie. Indien ‘n lid meer as een van die
Dagbestuursposte beklee, sal hy slegs oor een stem beskik. Die Voorsitter het op al die vergaderings ‘n
beslissende stem. 10. PLIGTE VAN DIE DAGBESTUUR 10.1 Voorsitter: Die
Voorsitter is verantwoordelik vir die ordelike verloop van vergaderings en om
spreukbeurte van lede te bepaal. 10.2 Vise-Voorsitter: Die
Vise-Voorsitter moet die Voorsitter met raad en advies bystaan en hom op hoogte
hou van al die Assosiasie se aktiwiteite.
Hy moet by die Voorsitter oorneem gedurende laasgenoemde se afwesigheid
of op sy versoek. 10.3 Sekretaris: Die
Sekretaris is verantwoordelik vir die opstel en uitstuur van agendas, die byhou
en verspreiding van notules en al die korrespondensie van die Assosiasie, die
Bestuurskomitee en Dagbestuur, en die aankoop en grafering van trofees. 10.4 Tesourier: Die Tesourier
is verantwoordelik vir die boekhouding van die Assosiasie se geldsake, die
invordering van gelde, uitbetaling van prysgelde, aankope en bestellings, die
vereffening van rekenings en die opstel van finansiële state. 10.5 Wedvlugsekretaris: Die
Wedvlugsekretaris is verantwoordelik om al die lede van die Assosiasie se
afstande van die onderskeie klubs te verkry, kontrole by gesamentlike inkorwing
en by loslatingspunte uit te oefen of te laat uitoefen, verwerking van
wedvluguitslae en die beskikbaarstelling daarvan aan klubs. 10.6 Vervoerbeampte: Die
Vervoerbeampte moet toesien dat die Assosiasie se vragmotor altyd padwaardig is,
reëlings tref dat die wedvlugduiwemandjies by die verskillende klubs gehaal en
afgelewer word, aanbevelings doen in verband met die aanstel van ‘n bestuurder
vir die vragmotor en toesien dat daar gedurende die wedvlugseisoen wanneer
inkorwing op Donderdae plaasvind, voldoende duiwekos op die vragmotor is. Die Vervoerbeampte is verantwoordelik en
aanspreeklik vir sy optrede aan die Dagbestuur. 10.7 Ringbeampte: Die
Ringbeampte is verantwoordleik vir behoorlike kontrole oor die Assosiasie se
voorrade en die opsporings van verdwaalde duiwe se eienaars. 11. BEVOEGD- EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN DIE
BESTUURSKOMITEE Die
Bestuurskomitee het die bevoegdheid om: 11.1 Sub-komitees
aan te stel wat spesiale aangeleenthede hanteer, die dienste van sodanige
komitees op te skort, indien opdragte nie na wense uitgevoer word nie, of om
die opdrag aan sodanige komitees te wysig met dien verstande dat besluite of
bevindinge van sub-komitees by die eerskomende vergadering van die
bestuurskomitee voorgelê word vir wysiging of bekragtiging. 11.2 Indien geldige
gronde bestaan, ‘n geaffilieerde klub of –lid van die Assosiasie te skors of sy
lidmaatskap tydelik of permanent op te skort. 11.3 Grense vir doeleindes van die Assosiasie
se wedvlugte te bepaal, vas te stel en aan die Algemene Jaarvergadering voor te
lê vir bekragtiging. 11.4 Reëls, wat tot
die voordeel van duiwewedvlugte en -skoue is, wat nie strydig is met die
bepalings van die Konstitusie nie, neer te lê, te wysig of te herroep. Sodanige nuwe reëls, wysigings of herroepings
moet binne 30 dae skriftelik aan al die Assosiasie se geaffilieerde klubs
bekend gemaak word. Die onus rus op
klubs om hulle lede daarvan in kennis te stel. 11.5 Bevoegdhede wat
deur die Konstitusie aan die Bestuurskomitee verleen word, aan die Dagbestuur
te delegeer. Die Dagbestuur moet by die
volgende vergadering aan die Bestuurskomitee verslag doen. 11.6 Toetreegelde in
te stel, te wysig of terug te betaal. 11.7 Jaarliks uit
die Assosiasie se fondse honorariums aan ampsdraers van die Assosiasie te
bewillig. 11.8 Werknemers aan
te stel, hulle vergoeding te bepaal en hulle dienste na goeddunke op te skort. 11.9 Namens die Assosiasie roerende en vaste
eiendom aan te koop, te verkoop, te huur of te verhuur. 11.10 Die Assosiasie se fondse wat nie onmiddellik
vir bedryfsdoeleindes benodig word nie na goeddunke te belê. 11.11 Namens die Assosiasie ‘n hofgeding in te
stel, dit teen te staan, te laat vaar, te skik of enige geskil vir arbitrasie
aan ‘n arbiter voor te lê. 11.12 Na goeddunke te vergader op sodanige plekke
en tye soos en wanneer nodig geag. 11.13 In die algemeen
die sake van die Assosiasie te administreer en om klubs te besoek wanneer
inkorwing plaasvind of klokke gelees word, ten einde seker te maak dat die
bepalings van die Konstitusie en reëls nagekom word, met dien verstande dat
hierdie bevoegdhede gedelegeer mag word aan enige lid van die Bestuurskomitee. 11.14 Na gelang van
omstandighede beperkings op die getal duiwe, wat deur indiwiduele lede ingekorf
mag word, te plaas. 11.15 Jaarliks
wedvlugprogramme vir die seisoen vas te stel volgens voorgestelde programme wat
deur die geaffilieerde klubs voorgelê is. 11.16 12. PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DIE DAGBESTUUR Die
Dagbestuur het die bevoegdheid om: 12.1 Enige stappe te
neem wat nodig mag wees om ‘n wedvlug of wedvlugprogram suksesvol te laat
verloop. 12.2 In geval van ‘n
krisissituasie, alles moontlik in werking te stel vir ‘n spoedige oplossing
daarvan. 12.3 Die bestuurder
van die vragmotor se pligte op te stel en aan hom voor te lê. 12.4 In ‘n noodgeval
enige lid van die Bestuurskomitee en/of enige ander lid, indien nodig, af te
vaardig om ‘n wedvlugpunt te besoek om bv. reëlings te tref vir ‘n nuwe
loslatingstyd wat moontlik eers die Sondag 13. ALGEMENE JAARVERGADERING 13.1 Die Algemene
Jaarvergadering van die Assosiasie moet voor die einde van Februarie van elke
jaar, op ‘n sentrale plek soos deur die bestuurskomitee bepaal, gehou word. 13.2 Besprekingspunte
vir die vergadering moet jaarliks voor die 15de Januarie by die Assosiasie se
Sekretaris ingehandig word. 13.3 Slegs lede wat
die vorige seisoen kompeterende lede was en wie se ledegeld aan klubs en die
Assosiasie ten volle opbetaal is, sal stemreg hê. 13.4 Die Agenda,
waarin die datum, plek en tyd van die Algemene Jaarvergadering aangedui is,
moet minstens 14 (veertien) dae voor die Vergadering, deur die Sekretaris van
die Assosiasie, aan al die lede van die Assosiasie gesirkuleer word. 14. BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERING ‘n
Buitengewone Algemene Vergadering van die Assosiasie 14.1 Die
Bestuurskomitee so besluit 14.2 Indien die
helfte of meer van die geaffilieerde klubs so ‘n vergadering aanvra. Elke klub moet skriftelik redes verstrek
waarom die vergadering aangevra word. 15. BESLUITE VAN DIE ALGEMENE
JAARVERGADERING Besluite wat
op die Algemene Jaarvergadering geneem is, kan alleenlik op ‘n Algemene Jaarvergadering
of ‘n Buitengewone Algemene Vergadering, waarvoor daar minstens VEERTIEN DAE SKRIFTELIKE KENNIS aan al
die lede van die Assosiasie gegee is, herroep, gewysig of ongeldig verklaar
word. 16. WYSIGING VAN DIE KONSTITUSIE BEPALINGS WAT IN
HIERDIE KONSTITUSIE VERVAT IS, KAN SLEGS GEWYSIG, HERROEP OF VERANDER WORD MET
DIE TOESTEMMING VAN ‘N TWEE-DERDE MEERDERHEID VAN DIE STEMGEREGTIGDE LEDE
TEENWOORDIG BY ‘N ALGEMENE JAARVERGADERING OF BUITENGEWONE ALGEMENE VERGADERING
WAT VIR HIERDIE DOEL BELê IS. 17. REGISTRASIE VAN DUIWE 17.1 Indien ‘n lid
met meer as een span duiwe aan wedvlugte deelneem, is dit nie nodig om die
spanne te registreer nie. 17.2 Indien ‘n Junior
lid uit dieselfde hok as ‘n gewone lid kompeteer, moet die junior lid se duiwe
afsonderlik geregistreer word. 18. HOKOPMETINGS 18.1 Elke
geaffilieerde klub sal vir sy lede se hokopmetings en die aanvra van afstande
verantwoordelik wees. 18.2 Enige besware in
verband met die korrektheid van afstande moet binne 14 dae na die bekendmaking daarvan
by die Klub Sekretaris ingedien word. 18.3 Geen
hokafmetings sal gedurende ‘n wedvlugseisoen verander word nie. 18.4 Alle
geaffilieerde lede moet eenvormige afstande van dieselfde “GPS” verkry. Lede wat nie aan hierdie vereiste voldoen
nie, sal op ‘n definitiewe nadeel kompeteer. 19. VERDWAALDE DUIWE 19.1 Verdwaalde
duiwe moet by die onderskeie klubs se ringbeamptes gerapporteer word. Ringbeamptes wat verdwaalde duiwe se eienaars
nie 19.2 Duiwe wat deur
‘n lid geregistreer of deur ‘n lid vir wedvlugte ingeskryf word, sal as die lid
se bona fide eiendom beskou word. Duiwe
van lede van die Assosiasie 20. RINGE 20.1 Geen klub sal
van ringe voorsien word voordat sodanige klub se finansiële verpligtinge
teenoor die Assosiasie ten volle nagekom is nie. 20.2 Elke duif wat
aan ‘n wedvlug deelneem moet met ‘n aanvaarde wedvlugring, waarvan die letters
en syfers duidelik leesbaar is, gering wees. 20.3 Duiwe met
gesplete of beskadigde ringe mag nie aan wedvlugte deelneem nie. 20.4 Duiwe met ringe
van ander Assosiasies of Unies, wat aan die vereistes voldoen, mag in die WRRPA
kompeteer. 20.5 Die Hoofkwartier
van die Assosiasie sal wees die adres van die Sekretaris. 21. REG TOT APPéL Indien ‘n lid
nie tevrede is met beslissing van sy klub nie, moet hy/sy eers na sy
Klub-komitee appelleer alvorens daar na die WRRPA Bestuurskomitee geappelleer
21.1 Appél teen
besluite of opdragte van geaffilieerde klubs:
Enige lid
v
Sodanige
appél tesame met die redes daarvoor en enige ondersteunende dokumente binne 14
dae na die insident skriftelik by die Sekretaris van die Assosiasie ingedien
word. Indien die appél nie binne
genoemde tydperk ingelewer word nie, sal die reg van appél verval.
v
Indien
enige persoon wat deelgeneem het aan die verrigtinge van die klub wat vir
sodanige beslissings of opdrag verantwoordelik was, ‘n verteenwoordiger in die
Bestuurskomitee is, moet hy hom by die aanhoor van sodanige appél,nadat hy sy
saakgestel het, onttrek.
v
Elke
appél moet vergesel wees van ‘n deposito van R10,00 wat sal dien as vergoeding
van koste. Sodanige vergoeding sal
betaalbaar wees ongeag die uitslag van die appél.
v
Sodanige
appél sal verhoor word op die volgende vergadering van die Bestuurskomitee en
sy besluit sal finaal en bindend wees.
v
Enige
appellant sal die reg hê om persoonlik voor die Bestuurskomitee te verskyn ten
einde: * ‘n Mondelinge verklaring aft e lê ter
ondersteuning van die geskrewe appél * Die lede van
die Bestuurskomitee in staat stel om, indien hulle dit so verkies, die
appellant te ondervra aangaande enige geleentheid waarna verwys is in die saak
waarop die appél betrekking het. * Die
Bestuurskomitee mag die appellant versoek om persoonlik voor die Komitee te verskyn. * Indien enige
appellant nalaat om te verskyn op die neergelegte tyd mag met die appél
voortgegaan word of mag dit summier na die oordeel van die Bestuur verwerp
word; en * Die werwing
van temme in appél-gevalle sal die klub of lid blootstel aan skorsing of
uitsetting.
ONTBINDING
VAN DIE ASSOSIASIE 1. Die
Assosiasie ontbind wanneer minstens 75% van die geaffilieerde lede hulle
toestemming skriftelik daartoe verleen. 2. Indien die
Assosiasie sou ontbind, sal al sy bates teen die voordeligste manier van die
hand gesit word en die opbrengs gelykop tussen al die geaffilieerde lede van
die Assosiasie verdeel word. 3. Lede wat
minder as een (1) jaar geaffilieerde lede van die Assosiasie is, word van die
verdeling uitgesluit. 4. ‘n Lid wat
verhuis buite die grense van die Assosiasie se lidmaatskap sal outomaties
verval en so ‘n lid sal geen aanspraak op verdere voordele van die Assosiasie
hê nie.
1. Geen klub se
reëls mag teenstrydig wees met dié van die Assosiasie nie. 2. Die Assosiasie
se Komitees moet die huishoudelike Konstitusie en reëls van elke geaffilieerde
klub respekteer en mag nie in die huishoudelike reëls van enige geaffilieerde
klub inmeng of besluite neem wat sodanige klub of sy lede 3. ‘n
Geaffilieerde klub wat nalaat om gedurende ‘n wedvlugseisoen sy finansiële
verpligtinge teenoor die Assosiasie na te kom, 4. Enige
moedswillige verontagsaming van enige van die reëls en die Konstitusie sal in
‘n baie ernstige lig beskou word. 5. Enige
geaffilieerde lid wat onsportief optree, onenigheid veroorsaak, of vuil taal in
‘n klubsaal gebruik, loop die risiko om geskors te word. 6. Die
Sekretarisse van die onderskeie Komitees is verantwoordelik om volledige
notules van elke vergadering te hou.
Notules moet behoorlik bekragtig word deur ondertekening daarvan deur
die Voorsitter en Sekretaris. 7. Enige lid wat
die Assosiasie lank en getrou gedien het, of enige lid wat lang en
verdienstelike diens aan die wedvlugduiwesport gelewer het,
8. Geen lid het
aanspraak op eiendom of fondse van die Assosiasie nie. 9. Waar ‘n
duiwehok deur ‘n vennootskap besit of beheer word, sal sodanige vennote in alle
gevalle as ‘n entiteit beskou word met slegs een stem. 10. Indien enige
lid in gebreke bly om sy jaarlikse ledegeld te betaal voor of op die aand van
inkorwing van die eerste wedvlug in Junie, sal sodanige lid se lidmaatskap
verval. 11. In die geval
van twyfel met betrekking tot die betekenis, vertolking of toepassing van
hierdie reëls en bepalinge van die Konstitusie is die vertolking van die
Bestuurskomitee finaal en bindend op alle lede.
|