West Rand Racing Pigeon Association (W.R.R.P.A.)

 

Bogenoemde duiwe-unie is aan die verre Wes-Rand geleë.  Hy het sy ontstaan gehad, deurdat vier klubs in die jare 70`s, besluit het om af te stig van die West Rand Homing Combine.  Die stigters-klubs  was Krugersdorp Posduifunie (KPU), Randfontein Resiesduifklub (RRDK), Venterspost Duiweklub (VDK) en Carletonville Posduifklub (CPK).  Op daardie stadium het die W R R P A  geen vervoer gehad nie en moes van die trein gebruik maak om duiwe te vervoer.  Later is daar van G R R P A, THU en WRHC nou WRPU se vervoer gebruik gemaak totdat `n eie trok gekoop  is.

Tans bestaan die W R R P A uit 7 klubs, dit is Swartkops, twee klubs in Krugersdorp, Witpoortjie, Randfontein, Westonaria en Carletonville.  Die W R R P A spog met van die goedkoopste vervoergeld in die land.  Ons is  baie trots op ons trok. Daar is 120 mandjies op die trok, elke mandjie kan 35 duiwe akkommodeer.  Die trok is duifgerig deurdat  duiwe nie vanaf die trok gesteel kan word as iewers stilgehou word nie.  Kos en water word aan albei kante van die mandjies voorsien.

Die W R R P A het  deur die loop van tyd twee lede vereer deur erelidmaatskap aan hulle toe te ken.  Dirk van Hoff wat president van SANPO was en Henna Hendrikse wat 25 jaar gedien het as tesourier.

Enige iemand wat verdere inligting t.o.v bogenoemde organisasie wil hê kan met my kontak maak by 082 371 3991.

 

 

 

 

Voorsitter

Andrè Rossouw